Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 21 OKTOBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van David le Roux, ZS1DAV, het Dinsdag 16 Oktober 2018 stil geword. Hy was 'n lid van die SARL en die Boland Amateurradioklub en betrokke by SARL Hamnet Wes-Kaap.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus, vandag:

DIE OKTOBER RAE UITSLAE IS UITGEREIK

GELYKGOLF BELANGSTELLINGS GROEP

en

SO WAT HET DIE IARU OOIT VIR ONS GEDOEN?

Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE OKTOBER RAE UITSLAE IS UITGEREIK

Die uitslae van die Oktober Radio Amateur Eksamen is Vrydag 19 Oktober vrygestel en kan gevind word onder "examination results" aan die linkerkant van die SARL tuisblad. Baie geluk aan al die kandidate wat geslaag het, ons hoop om jou op die lug te hoor. Baie dankie aan die RAE-spanne regoor die land wat by die eksamen betrokke was.

SARL HAMNET ADJUNK NASIONALE DIREKTEUR

Tydens die SARL-raadsvergadering wat op 9 Oktober gehou is, is die aanstelling van Grant Southey, ZS1GS as die nuwe SARL Hamnet Adjunk Nasionale Direkteur, goedgekeur. Grant sal ook as Streekdirekteur vir SARL Hamnet Wes-Kaap, voortgaan.

SARL Nuus wens Grant geluk met sy aanstelling en wens hom alles van die beste toe in hierdie nuwe pos.

GELYKGOLF BELANGSTELLINGS GROEP

'n Nuwe jong groep gelykgolf-entoesiaste maak hul naam op die plaaslike bande. Dit het alles begin toe 'n paar belangstellende amateurs hul belangstelling in gelykgolf bekend gemaak het en Daryl, ZS6DLL het hulle aangemoedig om dit te probeer doen en gelykgolf lesse op Hangouts, 'n Google-chatfunksie op die internet, te gee. Vandag is daar 'n WhatsApp-groep van 23 ou en nuwe gelykgolf-entoesiaste wat die eter op 'n gereelde basis op 40 en 80 m in die laat namiddae opwarm. Enige tyd vanaf ongeveer 16:30 op 'n daaglikse basis kan 'n mens die tone van gelykgolf op 7 020 en 3 550 hoor as die groep begin opwarm. Gelykgolf van 5 tot 20 wpm sal op een of ander tyd gevind word op daardie frekwensies of baie naby aan hulle.

Die groep het 'n ope uitnodiging uitgereik aan almal wat belangstel in gelykgolf om op frekwensie te kom en by hulle aan te sluit of vir Daryl, ZS6DLL te laat weet oor hul belangstelling en hulle kan ook deel van hierdie herlewing word. Lees alles daaroor in die volgende Radio ZS.

SO WAT HET DIE IARU OOIT VIR ONS GEDOEN?

Die Radio Vereniging van Groot-Brittanje het die aanbieding vrygestel deur IARU Streek 1 President Don Beattie, G3BJ aan die RSGB-konvensie in Milton Keynes op 13 Oktober - Wat het die IARU vir ons gedoen?

Wat die IARU is en wat dit doen is nie bekend aan radio amateurs nie. In hierdie praatjie beskryf Don wat die IARU doen, hoe die uitdagings van amateur radio węreldwyd verander en hoe die węreld sonder die IARU sal wees.

Hy verduidelik die werk wat gedoen word oor huidige bedreigings vir die amateur spektrum toewysings - insluitend ‘Wireless Power Transmission’ - en beskryf sommige van die "doomsday" scenario's as die IARU nie suksesvol is nie.

Jy kan die URL vir die video in SARL Kommunikasie gedateer Vrydag 19 Oktober 2018 kry. Kyk gerus na hierdie video en kyk wat die IARU vir jou doen.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

DANKIE VIR JOU HULP

SARL Nuus wil graag al die radio amateurs bedank wat die naweek by JOTA en CQ Hou Koers betrokke was. Dankie vir jou tyd en toerusting om die jong mense toe te laat om amateur radio te geniet. Dankie dat jy belangrik was in die lewe van 'n jongmens.

KOMPETISIE NUUS

Die CQ Węreld Wye DX ESB-kompetisie is op die lug vanaf 00:01 UTC op Saterdag 27 Oktober tot 23:59 UTC op Sondag 28 Oktober. Aktiwiteit vind op 160 tot 10 meter plaas en die uitruiling is 'n RS-verslag en jou CQ-sone, vir Suid-Afrika is dit Sone 38. As voortplanting goed is, kan jy die węreld werk.

Die PEARS HF Kompetisie vind plaas vanaf 12:00 UTC tot 16:00 UTC op Sondag 28 Oktober met ESB, gelykgolf en digitale aktiwiteit op 20, 15 en 10 meter. Jy kan deelneem as 'n enkel operateur, basis- of veldstasie of 'n multi-operateur, basis- of veldstasie. Die uitruiling is 'n roepsein en CQ-sone. Logstate moet ingedien word teen 19 November 2018 per e-pos aan contest@peham.co.za.

Op Saterdag 3 November vind die RaDAR-uitdaging plaas oor 24 uur, maar jy moet net vir 'n 4-uur tydperk wat jy besluit, aktief wees.

Die tweede been van die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie vind die naweek van 10 en 11 November plaas.

Die tweede been van die SARL Newbie kompetisie vind op Saterdag 24 November plaas. Die CQ Węreld Wye DX Gelykgolf kompetisie is op 24 en 25 November met aktiwiteit op 160 tot 10 meter en die uitruiling is 'n RST-verslag en jou CQ-sone.

HET JY 'N STORIE VIR RADIO ZS?

Het jy 'n storie oor die JOTA-naweek, of die CQ Hou Koers-naweek? Wat van daardie SOTA wat jy gister gedoen het of 'n Klub-aktiwiteit. Het jy 'n mooi foto van jong mense wat amateur radio geniet wat vir die voorblad van Radio ZS gebruik kan word? Stuur asseblief jou bydrae na radiozs@sarl.org.za teen Woensdag 24 Oktober.

FREKWENSIE VERANDERING VIR AR TODAY

Vanaf Maandag 29 Oktober word die AR Today heruitsending op Maandagaande om 18:30 SAT verander van 3 230 kHz AM na 4 895 kHz AM. Die Sondag frekwensies sal nie verander nie.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan veral met sonsopkoms en sonsondergang moontlike goeie openinge op die 10 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek vir die volgende paar weke:

22 Oktober - die sluitingsdatum vir AWA Buis QSO Geselligheid logstate.
24 Oktober - die sluitingsdatum vir jou artikel vir die November Radio ZS.
27 Oktober - die Pretoria ARK-snuffelmark en die Kaapstad ARS-vergadering.
27 en 28 Oktober - die CQ WW DX ESB-kompetisie.
28 Oktober - die PEARS HF kompetisie.
31 Oktober - jou insette vir die 2019 SARL Blouboek na contest@sarl.org.za.
03 November - die RaDAR-uitdaging.
10 en 11 November - die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie.
11 November - Herinnering Sondag, 100 jaar sedert die ondertekening van die wapenstilstand op 11 November 1918.
23 November - die Kaapstadse ARS-einde van die jaar-funksie.
24 November - die SARL Newbie Kompetisie en die Wes-Rand ARK-snuffelmark.
24 en 25 November - die CQ WW DX Gelykgolf Kompetisie.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die uitslae van die Oktober Radio Amateur Eksamen is Vrydag 19 Oktober vrygestel en kan gevind word onder "examination results" aan die linkerkant van die SARL tuisblad. Baie geluk aan al die kandidate wat geslaag het, ons hoop om jou op die lug te hoor. Baie dankie aan die RAE-spanne regoor die land wat by die eksamen betrokke was.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003